KEN JOU REGTE IN CHRISTUS JESUS

June 17, 2017 Deon Allers 6 comments

WEET WIE JY IS IN CHRISTUS EN KEN JOU OUTORITEIT IN CHRISTUS

As ek ‘n sterk “body builder” vat en ek sê vir hom om vir my ‘n 30 ton trok te stop wat op volspoed ry, sal hy dit kan doen met al sy spiere en krag? Nee! Maar as ek ‘n klein maer verkeersbeampte vra om dieselfde 30 ton trok op volspoed te stop, sal hy kan? Ja, hoekom? Die trok stop nie omdat daar ‘n mens staan nie,maar omdat hy die verkeersbeampte se outoriteit sien. Daarom stop hy.

Die satan is soos ‘n trok wat baie keer op jou wil afkom met al sy aanvalle, maar wanneer hy met sy aanslae kom sal jy moet weet wie jy is in Christus en jy sal jou regte moet ken en jou outoriteit in Christus moet opneem en hom teenstaan. Die outoriteit lê in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Duiwels is nie bang vir jou as persoon nie, hulle is nie bang vir jou grade, prestasies of amp nie, maar hulle vrees die Naam van Jesus Christus omdat alle mag in die hemel en op aarde in daardie wonderlike Naam is.

Baie keer sal die vyand jou outoriteit toets om te kyk of weet jy wie jy in Christus is en as jy nie kennis het oor wie jy in Christus is nie sal hy jou op daardie gebied aanval.
Met jou eie krag en met enige menslike krag sal jy hom nie kan stop nie. Jy sal jou outoriteit (mag) in
Christus moet gebruik om hom te stop en teen te staan.

1 Pet 5 : 8; Joh 10 : 10; Luk 10 : 19; Mark 16 : 17-18; Matt 10 : 8; Jak 4 : 7; 1 Joh 5 : 18; Matt 28 : 18;
Hand 3 : 1-8

6 Comments on “KEN JOU REGTE IN CHRISTUS JESUS

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *